News

Oorweldig deur die lewe se vuishoue – kom skep HOOP

Kan jy dink as 2 000 mense weer asem skep, hoop kry, positief ingestel is - watter verskil kan dit vir jou maak, vir jou gesin, jou familie, jou gemeenskap? ‘n Rimpel-effek wat uitkring.

‘n Positiewe lewensingesteldheid en gesonde denkwyse het vir Hendri Slabbert, sakeman van Parys, telkens deur moeilike tye in sy lewe gedra. Elke keer wanneer teëspoed aan sy deur kom klop het, het dit hom nader aan die Here gebring. “Wanneer ek tyd met die Here spandeer het, was daar groei in my lewe,” vertel Hendri, as hy gesels oor die asemskep oomblikke wat hy die afgelope vier jaar beleef het.
Hieruit is sy passie gebore om mense te bemoedig wat hy die afgelope vier jaar met mense deel, en nou ook met die gemeenskap van Parys met die Skep Hoop konferensie op 20 Augustus. ‘n Lewensverrykende oggend met die tema “My hoop is in God dat Hy ons sal laat floreer” waar Hendri, saam met Andries Vermeulen as sprekers, en Jo Black as kunstenaar, gehoor kan word.
Hendri het grootgeword in ‘n huis waar beide sy ouers gesukkel het met depressie. Omstandighede in sy eie lewe het hom met tye in die gat van moedeloosheid gegooi. Hy het self ervaar hoe negatiwiteit sy immuunstelsel aangeval het. Die omkeerpunt was eers toe hy sy denke van die negatiewe na die positiewe kon swaai. “Jy het die vermoë om te kies. Hoe jy dink bepaal hoe jy voel – hoe jy dink beïnvloed ander.”
Daar word té min gepraat oor die invloed wat jou denkwyse en ‘n gesonde lewensuitkyk het op jou lewe, gesels Hendri wat baie navorsing oor die onderwerp gedoen het.
Die Skep Hoop konferensie op 20 Augustus word gehou by Noble Equastrian Stables net buite Parys. Naas Hendri se motiveringspraatjie, sal Andries Vermeulen wat geen bekendstelling nodig het as sakeman en pastoor by Christian Revival Church Vaal nie, sy persoonlike getuienis gee.
‘n Oggend wat jou weer sal laat besef – jy het die vermoë om ‘n verskil te maak en verandering te bring.
Kaartjies kos slegs R150 per persoon wat die Jo Black optrede en konferensie insluit, of R500 vir ’n VIP-kaartjie wat naas die optrede en konferensie ook ‘n ete en groetgeleentheid met die sprekers insluit.
Hekke open 10:00, en die konferensie begin met Jo Black se optrede om 11:00. Daar sal ook kosstalletjies op die terrein wees.
Dankie aan die borge, Du Toit Boukontrakteurs, Outcor, Local Choice Pharmacy, Derhyn Finansiële Dienste, Natski Accounting Consulting, Parys Dierehospitaal, Krag Apie Gym, Bruyns Equipment en Safari Hire wat bydra om die aanbied van die konferensie moontlik te maak.
Kaartjies vir die Skep Hoop Konferensie op 20 Augustus is beskikbaar by Computicket of skakel 072 685 1849.

Related Articles

Back to top button