News

Save Ngwathe: Gemeenskapsvergaderings vandag gehou

Die drukgroep Save Ngwathe wat ‘n nie-politiese, nie-winsgewende sambreelorganisasie is wat al vyf die Ngwathe dorpe (Vredefort, Koppies, Heilbron, Edeville en Parys) insluit, sal vandag, Donderdag, 4 Augustus sy eerste gemeenskapsvergaderings hou. Om mense se tydskedules te akkommodeer, is daar twee vergaderings direk na mekaar, om 16:00 en 18:00 onderskeidelik by die AfriDome in Allenbystraat, …

Die drukgroep Save Ngwathe wat ‘n nie-politiese, nie-winsgewende sambreelorganisasie is wat al vyf die Ngwathe dorpe (Vredefort, Koppies, Heilbron, Edeville en Parys) insluit, sal vandag, Donderdag, 4 Augustus sy eerste gemeenskapsvergaderings hou. Om mense se tydskedules te akkommodeer, is daar twee vergaderings direk na mekaar, om 16:00 en 18:00 onderskeidelik by die AfriDome in Allenbystraat, Parys. Jy kan enige van die twee vergaderings bywoon.
Wie is Save Ngwathe?
Save Ngwathe is na die vier dae se kragonderbrekings in Parys aan die begin van Julie, gestig. Hul doel is om die Ngwathe munisipaliteit tot verantwoording te roep waar dit kom by dienslewering. Dit is ‘n drukgroep wat met hul langtermyn visie belastingbetalers ‘n sê wil gee in volgehoue en kwaliteit lewering van basiese dienste soos krag- en watervoorsiening.
Die bestuurspan bestaan uit agt lede en Karien Viljoen kan by 082 929 0816 of Pierre Britz by 066 238 1990 vir navrae geskakel word, of stuur ‘n WhatsApp na 076 581 1201.
Die groep glo daar is alternatiewe vir volhoubare dienslewering, en het op 18 Julie ‘n besoek gebring aan die Mafube Besigheidsforum en Rural Free State (Pty) Ltd. Die Mafube munisipaliteit sluit die dorpe Frankfort, Villiers, Tweeling en Cornelia in. Rural is ‘n private elektrisiteitsverspreider wat plaaslike elektrisiteits infrastruktuur onderhou en bestuur soos wat tans die geval is by die Mafube Plaaslike Munisipaliteit.
In Mafube se geval is die Mafube Besigheidsforum gestig as drukgroep wat ‘n waghond-funksie ten opsigte van diensverskaffers verrig.
Save Ngwathe beoog om as drukgroep dié rol in Ngwathe te vervul, en ondersoek tans moontlikhede rondom dienslewering, eerstens ten opsigte van kragvoorsiening geskoei op die sukses wat Rural in Mafube behaal het.
Rural voorsien tans stabiele kragvoorsiening in Mafube en spog Frankfort onder meer met ‘n sonplaas wat tans 1.68MW krag aan Frankfort voorsien, wat verhoog word na 2.7MW einde Augustus, en uiteindelik 4.2MW sal wees.
Save Ngwathe wil met bestaande groepe saamwerk om as een organisasie met ingeskrewe lede te kan beding vir dienslewering, sê Viljoen en Britz.
Lede is nodig
Formele lidmaatskap is om legitimiteit te verseker, want die stem van lede bepaal die sukses wanneer beding word. Selfs al het jy by die groep se WhatsApp groep aangesluit, is dit steeds nodig om, sou jy wou deel wees, formeel aan te sluit, verduidelik Britz. By die gemeenskapsvergaderings sal daar geleentheid wees om aan te sluit. Kontakbesonderhede is baie belangrik op die aansluitingsvorms wat ook by Parys Info en Security Master beskikbaar sal wees.
Save Ngwathe is nie ‘n klagteforum nie, maar let daarop dat ‘n WhatsApp nommer, SMS-nommer en e-posadres beskikbaar is waar mense diensleweringsprobleme kan rapporteer en ‘n verwysingsnommer sal kry. Sodra probleme opgelos is, kan jy ook hier terugvoer gee. Die doel is om ‘n dienslewering databasis vir die organisasie op te bou.
Die e-posadres is
faults@savengwathe.co.za
WhatsApp – 076 581 1201
SMS – 44119

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button