News

Só loop Eskom se pad met Maluti-a-Phofung

Die verwagting is dat die ooreenkoms teen einde Augustus vanjaar geteken sal wees.

Eskom is tans besig met ‘n proses om ‘n vennootskapsooreenkoms met die Vrystaatse munisipaliteit, Maluti-a-Phofung, te sluit. Die ooreenkoms, sodra dit geteken is, sal behels dat Eskom dan die direkte diensverskaffer aan verbruikers in dié munisipaliteit sal wees wat dan self die kragnetwerk se instandhouding, bedryf en inkomste invordering sal doen, en nie meer die munisipaliteit nie.
Die verwagting is dat die ooreenkoms teen einde Augustus vanjaar geteken sal wees.
Maluti-a-Phofung sluit die dorpe Harrismith, Kestell, Phuthaditjhaba en QwaQwa in.
Soos met die Ngwathe munisipaliteit voer Eskom al vir jare ‘n stryd met die munisipaliteit weens wanbetaling wat al verskeie kere in die hof gaan draai het.
Die proses van openbare deelname en betrokkenheid van belanghebbende partye word nou gevolg, waarna die verspreidingsooreenkoms, nadat alle aspekte oorweeg is, deur Eskom en die munisipaliteit onderteken moet word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button