Vier van die oorledenes, onder wie drie kinders, wat Sondagaand in ‘n gru-botsing op die R721 tussen Vredefort en Kroonstad gesterf het, sal Saterdag 6 Augustus in Parys begrawe word
Die vier wat familie was, was onderskeidelik 11, 13, 16 en 18 jaar oud en is van Mokwallo, Vredefort.
Die vyfde oorledene, ‘n 10-jarige kind, sal in Welkom begrawe word.
Die ongeluk het Sondagaand na 19:00 sowat 32km buite Vredefort gebeur toe die bakkie waarin die vyf insittendes was, trompop met ‘n vragmotor gebots het wat in die rigting van Vredefort onderweg was. Die bakkie het met die impak van die botsing aan die brand geslaan.
Van die vyf insittendes van die bakkie het drie agter in die bakkie gesit, met die bestuurder en ‘n passasier voor.
Al vyf die insittendes van die bakkie is op die toneel dood.
Die vragmotorbestuurder het ligte beserings opgedoen.
Ons innige medelye met die familie van die oorledenes.
Al vyf die insittendes van die bakkie is op die toneel dood.
Die vragmotorbestuurder het ligte beserings opgedoen.
Ons innige medelye met die familie van die oorledenes.
You can read the full story on our App. Download it here.