News

Munisipale bestuurder Vrydag weer voor die hof

Die Valke het die saak ondersoek waarop Mothamaha homself op 2 Augustus oorgegee het aan die Valke ondersoekbeamptes, het kapt. Singo gesê.

Die munisipale bestuurder van die Maluti A Phofung Plaaslike Munisipaliteit, die 49-jarige Futhuli Patrick Mothamaha, sal Vrydag 5 Augustus weer voor die landdroshof in Phuthaditjhaba verskyn vir ‘n formele borgaansoek. Hy bly tot dan in aanhouding, het Valke-woordvoerder, kapt. Christopher Singo, gesê. Mothamaha is aangekla vir bedrog, korrupsie, vervalsing en oortreding van die Munisipale Finansiële Bestuurswet.

Na bewering het Mothamaha in 2020 goedkeuring gegee vir ‘n sekuriteitsmaatskappy om sekuriteitsdienste te lewer sonder dat ‘n tenderkennisgewing hiervoor geadverteer is. Senior beamptes van die munisipaliteit het glo in verskeie briewe hom aangeraai om die tender te adverteer maar is dit steeds nie gedoen nie. ‘n Beraamde bedrag van R58 miljoen is onregmatig oor ‘n periode van 2 jaar betaal aan die maatskappy Kill Crime Security.

Die Valke het die saak ondersoek waarop Mothamaha homself op 2 Augustus oorgegee het aan die Valke ondersoekbeamptes, het kapt. Singo gesê.

Mothamaha se mede-beskuldigdes wat direkteure in die sekuriteitsmaatskappy is, Thabio Sekosana (55) en Dimakatso Christine Sekosana (29) het vroeër al borgtog van R150 000 elk gekry. Hulle sal weer op 30 September voor die hof verskyn.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button