NewsNews

Opleiding vir hulle wat patrollie ry

Parys Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF) bied op Vrydag 22 April vanaf 14:00 opleiding vir almal wat belangstel om saam met die GPF en Landelike Gemeenskap Veiligheid (LGV) aan gemeenskapspatrollies in Parys deel te neem.

Opleiding vir hulle wat patrollie ry
Parys Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF)  bied op Vrydag 22 April vanaf 14:00 opleiding vir almal wat belangstel om saam met die GPF en Landelike Gemeenskap Veiligheid (LGV) aan gemeenskapspatrollies in Parys deel te neem.
Luitenant-kolonel Du Preez van die Polisie se regsdienste en kol. Gelderblom van Landelike Veiligheid sal namens die Vrystaat provinsie die opleiding aanbied.
Alle huidige patrolleerders en subsektor leiers is verplig om hierdie opleiding by te woon en sal ongelukkig nie toegelaat word om verder saam met die GPF aan patrollies deel te neem sonder hierdie opleiding nie.
Enige lid van die publiek wie belangstel in die opleiding is welkom om Pieter Kemp by 073 148 6245, Jan Le Roux by 056 816 2500 of Anne-marie du Toit by 056 811 4631 te skakel. Die opleiding word aangebied by Sunwa.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button