NewsNews

Opleiding vir hulle wat patrollie ry

Parys Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF) bied op Vrydag 22 April vanaf 14:00 opleiding vir almal wat belangstel om saam met die GPF en Landelike Gemeenskap Veiligheid (LGV) aan gemeenskapspatrollies in Parys deel te neem.

Luitenant-kolonel Du Preez van die Polisie se regsdienste en kol. Gelderblom van Landelike Veiligheid sal namens die Vrystaat provinsie die opleiding aanbied.
Alle huidige patrolleerders en subsektor leiers is verplig om hierdie opleiding by te woon en sal ongelukkig nie toegelaat word om verder saam met die GPF aan patrollies deel te neem sonder hierdie opleiding nie.
Enige lid van die publiek wie belangstel in die opleiding is welkom om Pieter Kemp by 073 148 6245, Jan Le Roux by 056 816 2500 of Anne-marie du Toit by 056 811 4631 te skakel. Die opleiding word aangebied by Sunwa.

Related Articles

Back to top button