Parys Hoërskool Alumni het 'n spanbou vir die rugbyseuns moontlik gemaak.
Baie geluk aan Hoërskool Parys se o.14 en o.15 rugbyspanne wat Saterdag deurgedring het na die kwartfinaal in die Noordvaal-reeks. Die twee spanne speel Saterdag teen Northern Academy van Polokwane vir ‘n plek in die semi-finaal.
Julle is ons trots en ons weet dat julle weer Parys se naam hoog gaan hou
Baie dankie ook aan Parys Hoërskool Alumni vir die getroue ondersteuning en organisering van die spanbou verlede Vrydag voor die uitspeelwedstryde.
Parys Hoërskool Alumni het ‘n spanbou vir die rugbyseuns moontlik gemaak voor hul eerste wedstryde in die Noordvaal-kragmeting verlede Saterdag.
Die seuns het die spanbou baie geniet en was gemotiveer om hul beste te gee.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.