Die Parys Lisensie- en toetssentrum kan uiteindelik ná maande weer ‘n diens aan die publiek lewer.
Volgens Hilary Mophethe, woordvoerder van die Vrystaatse Departement van Polisie, Paaie en Vervoer is die sentrum oop en het sy bevestig dat alle dienste weer hier gelewer kan word. Die kantoor is oop van 07:30-15:00 weeksdae.
Die sentrum was vir maande tydelik gesluit weens ‘n elektriese probleem, en moes motoriste van lisensie- en toetssentrums in nabygeleë dorpe gebruik maak.
You can read the full story on our App. Download it here.