Polisielede geloof ná gesteelde Arabierperde gekry is
Die polisie se provinsiale kommissaris in die Vrystaat, lt-genl. B.B. Motswenyane, het net die hoogste lof die afgelope week gehad vir polisielede se flink optrede wat gehelp het om twee gesteelde Arabierperde met hul eienaar te kon herenig. Die twee Arabierperd merries is uit hul stal op’n plaas in die Kroonstad-distrik gesteel, nadat hul …
Die polisie se provinsiale kommissaris in die Vrystaat, lt-genl. B.B. Motswenyane, het net die hoogste lof die afgelope week gehad vir polisielede se flink optrede wat gehelp het om twee gesteelde Arabierperde met hul eienaar te kon herenig.
Die twee Arabierperd merries is uit hul stal op’n plaas in die Kroonstad-distrik gesteel, nadat hul eienaar hulle nog die vorige middag om 17:00 versorg en in die stal gesit het. Die Woensdagoggend toe die eienaar by die stal kom, was die perde weg.
Maokeng Misdaadvoorkomingslede en lede van die Kroonstad SAPD, het blitsig gereageer op die klag, en is die twee verdagtes gevang op ‘n verlate plaas nie ver van die plaas van die eienaar van die perde.
Ná ondervraging is die twee perde versteek in die bosse in ‘n nywerheidsgebied gekry. Die perde se waarde is R55 000 en R30 000 onderskeidelik.

Die twee verdagtes het reeds voor die Kroonstadse landdroshof verskyn.
Lt-genl. Motswenyane het in ‘n boodskap aan die lede gesê dat tyd van kritieke belang is wanneer ‘n gemeenskap staatmaak op die polisie se diens. Dit is vinnige optrede wat hierdie resultate verseker het.





