News

Pa sterf in fratsongeluk

Pa vandag begrawe

‘n Bekende inwoner van Fochville is die afgelope naweek in ‘n fratsongeluk in die dorp dood.

Volgens mev. Hendolien Theron het haar gewese man, Izak, Sondagmiddag, saam het hul kinders na die Gert van Rensburg-stadion gegaan om te gaan krieket speel. Hy het ongelukkig tydens dié spelery geval en op die veld gesterf.
Izak se nadoodse ondersoek het Dinsdag bevestig dat hy sy nek gebreek het.
Izak het by die polisie se honde-eenheid in Carletonville sowel as die Fochville-polisie gewerk voor hy die privaat sekuriteitsektor betree het. Hy het baie oorsee gewerk.

Hy sou weer Donderdag na Irak vlieg om daar te gaan werk. Hy word oorleef deur Hendolien en sy kinders, Hope (24), Iwanca (13) en Ihon (8).
Sy begrafnis word vandag Vrydag, 29 Julie om 11:00 vanuit die AGS Kerk in Fochville gehou.
Hendolien het Dinsdag almal bedank wat die gesin na Izak se dood bygestaan het. Sy het ook die paramedikus wat hom gehelp het en die Fochville GPF vir hul hulp net na sy ongeluk, bedank

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button