NewsNews

Koperdiewe op heterdaad betrap danksy Openbare Orde taakspan se blitsige reaksie

Knap werk deur dié polisielede

‘n Rol Telkom kabel ter waarde van R5 500 is gister, Woensdag 27 Julie, teruggevind en vyf verdagte koperdiewe op heterdaad betrap waar hul besig was om koperkabel te steel in die Zamdela-woonbuurt by Sasolburg. Dit danksy die blitsige en wakker optrede van lede van die polise se Openbare Orde taakspan.

Die span het toe hulle hoor dat die vermeende koperdiewe aan die werk was, blitsvinnig na die toneel gegaan waar die vyf gearresteer is. Die rol koperkabel is versteek agter een van die verdagtes se huis gekry.

 

Related Articles

Back to top button