News

Hier kan jy water kry as jou krane droog is

Dankie aan elkeen wat hierdie inisiatief ondersteun, en bygedra het, en vir diegene wat help om die watertenks vir die gemeenskap vol te hou.

Die gemeenskap van Parys sal voortaan by die volgende punte ook water kan kry danksy weldoeners uit die gemeenskap wat hul adresse beskikbaar gestel het vir die watertenks wat deur sakelui van die dorp geborg is
Die adresse is:
1.Repmetco in Breëstraat
2. Security Master
3. Schuttestraat 3
4. 2de Laan 1B
5. H/v Boom & Van
Collerstraat
6. NG Wes kerkterrein
Daar word nog gesoek na ‘n punt in Oudewerfpark, en ‘n punt in die Rooidam-omgewing waar watertenks vir die gemeenskap geplaas kan word. Mense in dié areas met verkieslik boorgate wat kan help word asseblief gevra om ‘n WhatsApp te stuur na die Gazette by 060 690 7591.
Die watertenk-inisiatief het begin met Pula Build It en Repmetco wat iets vir die gemeenskap wou doen en toe ‘n watertenk vir Parys en ‘n watertenk vir Tumahole geskenk het.
Die gemeenskap moes nomineer waar die behoefte om die twee tenks te plaas, die grootste was. Die twee tenks het gou 42 watertenks in totaal geword wat deur sakelui van Parys geborg is.
Van die 42 watertenks het JoJo self ook ses tenks geskenk.
Van die pompe wat nodig is om die watertenks te kon installeer is ook geskenk, en het Plumbtech Solutions ‘n borgskap gegee met hulp vir die installasie van die watertenks by verdienstelike organisasies.
Dankie aan elkeen wat hierdie inisiatief ondersteun, en bygedra het, en vir diegene wat help om die watertenks vir die gemeenskap vol te hou.
Let asb daarop dat van die gemeenskapstenks die week nog op staanders gesit en volgemaak moes word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button