News

Hier kan jy water kry as jou krane droog is

Dankie aan elkeen wat hierdie inisiatief ondersteun, en bygedra het, en vir diegene wat help om die watertenks vir die gemeenskap vol te hou.

Die gemeenskap van Parys sal voortaan by die volgende punte ook water kan kry danksy weldoeners uit die gemeenskap wat hul adresse beskikbaar gestel het vir die watertenks wat deur sakelui van die dorp geborg is
Die adresse is:
1.Repmetco in Breƫstraat
2. Security Master
3. Schuttestraat 3
4. 2de Laan 1B
5. H/v Boom & Van
Collerstraat
6. NG Wes kerkterrein
Daar word nog gesoek na ā€˜n punt in Oudewerfpark, en ā€˜n punt in die Rooidam-omgewing waar watertenks vir die gemeenskap geplaas kan word. Mense in diĆ© areas met verkieslik boorgate wat kan help word asseblief gevra om ā€˜n WhatsApp te stuur na die Gazette by 060 690 7591.
Die watertenk-inisiatief het begin met Pula Build It en Repmetco wat iets vir die gemeenskap wou doen en toe ā€˜n watertenk vir Parys en ā€˜n watertenk vir Tumahole geskenk het.
Die gemeenskap moes nomineer waar die behoefte om die twee tenks te plaas, die grootste was. Die twee tenks het gou 42 watertenks in totaal geword wat deur sakelui van Parys geborg is.
Van die 42 watertenks het JoJo self ook ses tenks geskenk.
Van die pompe wat nodig is om die watertenks te kon installeer is ook geskenk, en het Plumbtech Solutions ā€˜n borgskap gegee met hulp vir die installasie van die watertenks by verdienstelike organisasies.
Dankie aan elkeen wat hierdie inisiatief ondersteun, en bygedra het, en vir diegene wat help om die watertenks vir die gemeenskap vol te hou.
Let asb daarop dat van die gemeenskapstenks die week nog op staanders gesit en volgemaak moes word.

Related Articles

Back to top button