NewsNews

Caprivi Sending – só kan jy help dat ander die Woord kan hoor

’n Groep Parysenaars van die NG Kerk in Parys en Vredefort gemeentes sal weer vanjaar op 25 Junie na die Caprivi(Zambesi-streek) vertrek waar die evangelie ook hier verkondig word. Die kerk is reeds die afgelope 20 jaar aktief besig om in hierdie streek baie waardevolle evangelisasiewerk te doen en is die besoek ’n voortsetting van die groot uitreikaksie. Met die besoek wat duur tot 3 Julie sal in 5 klein dorpies met ’n gesamentlike bevolking van sowat 3 000 mense aangedoen word. Die dorpies sluit in Lizauli, Sachona, Choi, Kongola en Singalamwe.

’n Groep Parysenaars  van die NG Kerk in Parys en Vredefort gemeentes sal weer vanjaar op 25 Junie na die Caprivi(Zambesi-streek) vertrek waar die evangelie ook hier verkondig word. Die kerk is reeds die afgelope 20 jaar aktief besig om in hierdie streek baie waardevolle evangelisasiewerk te doen en is die besoek ’n  voortsetting van die groot uitreikaksie.
Met die besoek wat duur tot 3 Julie sal in 5 klein dorpies met ’n  gesamentlike bevolking van sowat 3 000 mense aangedoen word. Die dorpies sluit in Lizauli, Sachona, Choi, Kongola en Singalamwe.
Maar dis nie net hulle wat gaan wat betrokke is by die aksie nie. Daar is gebedsgenote nodig wat sal bid vir hierdie groep tydens hul uitreik vir hul veiligheid en gesondheid en die sukses van die projek.
Dan is daar ook die sementsakkie-projek. Die groep is besig met opleiding van die mense in die Caprivi om strukture te bou vir kerke. In Katima kos ’n  sakkie sement R150. Deur hier met ’n  bydrae te help vir die sement kan jy ook op hierdie manier betrokke wees.
Jy kan ook self saamgaan. Onkoste beloop ongeveer R5 000 vir elkeen wat saamgaan, en as jy gesond is, bereid is om vir ’n  week in ’n  tent te bly, en dié evangelisasie jou na aan die hart lê, is jy welkom.
Of jy bid, saamgaan, net ’n  skenking wil maak of op enige ander wyse betrokke wil raak – enige hulp is welkom.
Skakel Peet du Plooy by 083 625 7761 vir meer inligting oor hoe jy kan help en wanneer daar weer vergader word oor die Caprivi Sending waar jy nog meer van dié uitreik kan hoor.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button