News

Parys se Rivershed-sentrum open vroeg 2023

Nuwe sentrum kom vir Parys

Bouwerk aan die splinternuwe River-shed-inkopiesentrum langs Parys se hoofstraat naby die Vredefort-ingang na die dorp, vorder fluks, en sal dié sentrum op 1 April 2023 open.
Huurkontrakte met die meeste huurders is al gefinaliseer en sluit in Checkers volgens die nuwe “Outdoor” konsep, Checkers Liquor, Ultra Mobile & Electronic, Good Knight Bedding Tasko Sweets, SpecSavers, Jet, P&P Clothing, Queenspark, Local Choice Pharmacies, Mr Price Home, Pet Zone, West Pack Lifestyle, Tailor Me, Barber on Breë en Chilli Bite.
’n KFC Drive Thru maak ook langs die Sasol-vulstasie by die sentrum oop.
Daar is nog kleiner winkelspasie te huur, en kan navrae hieroor gerig word aan Hope Kekana of die Ancora Group by 061 037 4585 of 087 057 0487.

Die hoofingang van dié enkelvlak ‘leefstyl” sentrum sal in Breëstraat wees. Die sentrum het ‘n totale verhuurbare oppervlak van 8 027 m2.
Die ontwikkeling word teen ‘n koste van meer as R144 miljoen gedoen.
Die ontwikkelaar, Skoutellas Group of Companies, het reeds ‘n portefeulje van sewe winkelsentrums in Johannesburg en Ballito.
Die ontwikkeling sluit ook ‘n addisionele R3,5 miljoen in wat deur die ontwikkelaar aan die dorp se kragnetwerk spandeer sal word, en rehabilitasie van sekere paaie in die onmiddellike omgewing van die sentrum.
Die ontwikkelaar het op ’n navraag van inwoners gesê dat die sentrum omheim sal word en saans na handel gesluit sal word. Voorsiening sal gemaak word vir 24-uur sekuriteit op die perseel. Aflewerings sal op vaste tye gedoen word soos wat deur die sentrum se “huisreëls” bepaal word. Die sentrum en winkels sal toeganklik wees vir gestremdes.

The copyright to this information resides with The Parys Gazette and may be shared as a link to the original or refence to the author but may not be copied without the explicit permission of the author

Related Articles

Back to top button