NewsNews

Geen antwoorde op teer-fiasko

Weke nadat begin is met konstruksiewerk aan Grensstraat is dit steeds net stof en klippe. Geen konstruksievoertuie of konstruksiewerkers of antwoorde oor hoe lank die projek nog gaan stilstaan nie. By navraag aan die projekbestuurder vir Motimisheng Konstruksie, Willem Pretorius, is Gazette meegedeel dat daar steeds gewag word op die munisipaliteit om uitsluitsel te gee …

Weke nadat begin is met konstruksiewerk aan Grensstraat is dit steeds net stof en klippe. Geen konstruksievoertuie of konstruksiewerkers of antwoorde oor hoe lank die projek nog gaan stilstaan nie. By navraag aan die projekbestuurder vir Motimisheng Konstruksie, Willem Pretorius, is Gazette meegedeel dat daar steeds gewag word op die munisipaliteit om uitsluitsel te gee oor of die addisionele laag- en teerkostes betaal gaan word wat nou meer beloop as wat aanvanklik voor gekwoteer is vir die tender.

Die kostes wat glo na wat verneem is tot 50% hoër kan wees as die aanvanklike tenderbedrag, is klaarblyklik om seker te maak dat waterdreinering korrek is.

Die projek het verlede week reeds twee weke stil gestaan terwyl gewag is om te hoor of die munisipaliteit die ekstra kostes gaan betaal, het Gazette verneem.

Verlede week is gehoop dat uitsluitsel Donderdag 7 April gekry sou word en was daar ook sprake dat die gedeelte van Grensstraat duskant Breëstraat tot by die T-aansluiting met Cilliersstraat ook moontlik oorgeteer gaan word.

Maar vir nou sal inwoners maar te dankbaar wees as die stofwalms en ongerief waarmee nou al vir weke verlief geneem moet word, ‘n einde kan kry en die werk wat begin is, voltooi kan word voordat nog teerstrate omgedolwe word en daar verder gekoes moet word tussen die hordes slaggate op ander paaie wat nou gery moet word.

Gazette het by die munisipale woordvoerder, mnr. Steve Naale, antwoorde probeer kry en is na ‘n ander brond verwys wat ook nie teen druktyd antoorde kon gee oor waarom gesloer word met die projek wat nou heelwat meer gaan kos nie. Ook nie oor waar die beloofde waterkar is wat die stof daagliks onder beheer moes hou nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button