NewsNews

Die trofee is ons s’n!!!

Parys is trots op hierdie seuns!

Hoërskool Parys se o.14-rugbyspan is vandag as die kampioene in die Valke Middelliga Hoërskole finaal gekroon ná ‘n harde stryd teen HTS Carel de Wet. ‘n Ongelooflike groot prestasie vir hierdie seuns wat kon wen met ‘n skitterende telling van 17-5. Baie geluk ook aan die span se afrigter Wiehan Viljoen, hulpafrigter Paul Grimbeek, en spanbestuurder Henning Pretorius.

Parys het nie minder nie as drie spanne vandag op die veld gehad in die Valke Middelliga finaal wat by Hoërskool Stoffberg gehou is

Hoewel die skool se eerste en o.15-rugbyspanne  ongelukkig die knie moes buig in hul onderskeie wedstryde teen Edenvale High en Christian Brother College, het hierdie seuns vandag almal Parys se naam hoog gehou.

Die o.15’s verloor met ‘n telling van 25-15, en die eerste span se wedstrydtelling was 19-16 in die guns van Edenvale – net 3 punte verskil!

Parys is so trots op hierdie seuns!

Groot dank aan al die ouers vir die ondersteuning langs die veld, en vir Parys Primêre skool wat spesiaal hul bus beskikbaar gestel het vir die ouers wat die seuns wou ondersteun.

  • Die laaste Valke-finaal was in 2019 toe Parys se eerste span ook die finaal gehaal het en teen Springs Boys High gespeel het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button