NewsNews

Parys weer gasheerdorp vir avontuur ekspo

Dié fees beloof soos om in die verlede iets vir almal, aan te bied.

Op 27 Augustus gaan die All Things Adventure buitelugfees weer in Parys aangebied word.
Dié fees beloof soos om in die verlede iets vir almal, aan te bied.
In besonder word daar iets spesiaal vir avontuurlustige motorfietsryers beplan. Vier verskillende vaardigheidsbane vir motorfietsryers word beplan. Toets jou motorfietsryvernuf in die water, op sand en in die modder.
Vir diegene wat bietjie verder wil ry is daar ‘n ‘outride’ saam met ‘n gids wat die Koepel area toe oë kan ry.
Die rit draai by ‘n ‘lodge’ met verversings waarna dit terug na die feesterrein keer. In totaal is die rit 85km lank, en beloof om die mooiste Koepel uitsigte te bied. Die tye van die ritte is as volg en sal in drie groepe gebeur.

Saterdagoggend 09:00-12:30

Saterdagmiddag 13:00-16:30

Sondagoggend 09:00-12:30.

Daar gaan behoorlik oor die naweek gekuier word, met ‘n dans en ete wat vir die Vrydagaand ook beplan word. Koste vir die dans en ete Vrydagaand is R200 per persoon.
Die gewilde 4×4 baan is weer oop, terwyl daar ook ‘n bergfietsresies aangebied gaan word.
Vlieghengel, ‘river rafting’, ‘Kayak sprints’, ‘Absailing en lugballonritte is van die aktiwiteite wat op die dag aangebied gaan word.
Vir die jong klomp is daar die ‘Kids Badger Race’ maar ons het nie van die ouer garde vergeet nie, daar sal ook ‘n ‘Badger Race’ vir volwassenes wees. As jy hou van die buitelewe en om aktief te bly kan jy nie All Things Adventure misloop nie.
Uitstallers van verskeie buitelewe gereedskap sal op hand wees om jou met hulle nuutste toestelle reg te kry vir jou volgende avontuur. Van voertuie, karavane, bote en tente.
Met soveel om te doen is jy gewaarborg om lekker honger te raak, by All Things Adventure is daar die grootste verskeidenheid kosse, lekkernye en koue verversings om van te kies.
Enige fees is nie volmaak as daar nie ook bietjie rustiger vermaak is nie. Daarom is All Things Adventure besig om kunstenaars vir oud en jonk vir die fees vas te maak. Jy sal lekker rustig kan sit en jou verversing geniet terwyl die kunstenaars jou met hulle musiek betower.
Kaartjies sal teen R80 vir volwassenes verkoop word, pensioenarisse is R50, kinders tussen 6 en 13 is R40 terwyl kinders onder 6 die dag verniet kan kom geniet.
As jy ‘n stalletjie by All Things Adventure wil bespreek kontak gerus vir Antoinette Badenhorst op potchsn@media24.com.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button