News

Dié tenks is afgelewer!!!!

Groot dankbaarheid vir hulp vir dorp se groot waternood

Vandag, Vrydag 22 Julie, loop die bekers van dankbaarheid oor by welynsinstansies,  tehuise vir bejaardes, die DBV en selfs ‘n kleuterskool in Parys.

Want vandag is begin om van die 42 watertenks wat ingesamel met die hulp van sakelui van Parys danksy ‘n inisiatief van Pula Build it en Repmetco, afgelaai en gekoppel by verskeie instansies in Parys.

Maar meer nog die eerste vyf watertenks wat ook vir die gemeenskap van Parys beskikbaar gestel word in tyd van waternood, is ook afgelaai. Nog instansies op die lys van begunstigdes waarvoor die publiek gestem het, sal volgende week hul watertenks ontvang.

Instansies wat vandag watertenks ontvang het is:

DBV

Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-sentrum.

Amot

Villia Riviera

Overcomers

Rotary Club Rondawels,

Bambi kleuterskool

Epilepsie SA waar groot dankbaarheid was vir die watertenk-skenking. 

Bambi-kleuterskool wat ook baat gevind het by die inisiatief. 

Amot Tehuis vir Bejaardes ontvang hul watertenk. 

Die foto is vanoggend by Parys DBV geneem waar 2 watertenks geinstalleer is. 

VVA ontvang hul watertenks. Op die foto is Minharde van VVA, Nicky van Plumbtech Solutions en Marilu van der Schyff van Pula Build it wat die groot taak gehad het om die projek te koördineer.

Die watertenks wat geskenk word vir Parys-hospitaal, Vredefort Hartshuis, Schonkenville Luncheon Club, Alpha Christina Day Care, Eden Day Care, Serendepity Home, Eendjies Dagsorg en Lehlohonolo Day Care, sal volgende week afgelewer word.

Waterpunte vir die gemeenskap van Parys

Die gemeenskap van Parys sal voortaan by die volgende punte ook water kan kry danksy weldoeners uit die gemeenskap wat hul adresse aangebied het vir die watertenks om te kan staan, en wat sal help om die watertenks vol te hou. Die adresse is:

  • Repmetco in Breëstraat
  • Security Master in Breëstraat
  • Schuttestraat 3
  • 2de Laan 1B
  • H/v Boom- en Van Collerstraat

Jaco van Die Nutsman wat sal help om een van die watertenks vol te hou vir gebruik deur die gemeenskap van Parys. 

Die gemeenskap van Parys sal ook voortaan hier by Repmetco kan water kry in waterlose dae. 

Daar word nog gesoek na ‘n punt in Oudewerfpark, ‘n punt in die Rooidam-omgewing en ‘n punt in Saligna waar watertenks vir die gemeenskap geplaas kan word. Mense in dié areas met verkieslik boorgate wat kan help om die tenks vol te hou en bereid sal wees dat ‘n watertenk vir gebruik deur die gemeenskap hier geplaas kan word, word asseblief gevra om ‘n WhatsApp te stuur na die Gazette by 060 690 7591. 

Die watertenk-inisiatief het begin met Pula Build It en Repmetco wat iets vir die gemeenskap wou doen en toe ‘n watertenk vir Parys en ‘n watertenk vir Tumahole geskenk het. Die gemeenskap moes nomineer waar die behoefte om die twee tenks te plaas, die grootste was. Die twee tenks het egter sou gou 42 watertenks in totaal geword wat deur sakelui van Parys geborg is. Van die 42 watertenks het JoJo self ook 6 tenks geskenk. Van die pompe wat nodig is om die watertenks te kan installeer is ook geskenk, en het Plumbtech Solutions ook ‘n borgskap gegee met hulp vir die installasie van van die watertenks by verdienstelike organisasies.

Dankie aan elkeen wat hierdie inisiatief ondersteun het en bygedra het, en vir diegene wat help om die watertenks vir die gemeenskap van Parys vol te hou.

Nicky van Plumbtech Solutions waar hy gratis gehelp het met van die installasies van die watertenks by verdienstelike organisasies.

 

 

Related Articles

Back to top button