NewsNews

Skoolseun kry dit reg om hier reg te maak by dorp se bakenmerk

Wat ’n voorbeeld van wat gedoen kan word. Waar ‘n wil is, is ‘n weg!

 

Sedert April vanjaar is die skade wat hier net regs van Parys se hangbrug veroorsaak is toe water die grond onder die pad uitgekalwe en laat inval het, ‘n bekommernis. Die hangbrug is een van die dorp se grootste toeriste trekpleisters, en wemel dit hier van voete en wiele, veral oor naweke wanneer mense dié bekende brug oor die Vaalrivier met sy talle slotte besoek.
Vir meer as drie maande lyk dit al so, en behalwe vir versperringsband wat vroeër hier gespan is, is niks deur die munisipaliteit gedoen om die skade reg te maak nie.
Die 14-jarige Brendan Fouché, wat naby die hangbrug bly, het dit egter reggekry om stil-stil hier ‘n verskil te maak. Hy was bekommerd dat iemand gaan seerkry, en het sy pa, Ben Fouche, gevra om te help.


Ben vertel dat vragte grond ingery is, en die gat ook met sandsakke gevul is om te keer dat die grond weer inval.
Daar is die grootste deel van die dag gewerk om reg te maak. Brendan het self gehelp om die gat toe te maak, en wil ook nog die skade aan die sypaadjie-sement herstel.

So het dit gelyk.

So lyk dit nou. 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button