NewsNews

Meer as R3 miljoen skade oor bedrog met eiendomsverhuring

Só is die Vrystaatse Departement van Openbare Werke verkul

Sewe verdagtes verskyn môre, Donderdag 21 Julie, voor die BLoemfonteinse landdroshof op klagte van bedrog, korrupsie en geldwassery waarmee die Department van Openbare Werke in die Vrystaat met meer as R3 miljoen verkul is.

Die verdagtes is tussen 31 en 81 jaar oud.

Na bewering het drie beamptes van die departement, en 2 maatskappy direkteure in 2017 die departement om die bos gelei met vals fakture vir die verhuring van twee eiendomme aan die regering.

Nadat die Vrystaatse Departement van Openbare Werke die geld aan die diensverskaffers oorbetaal het, is oorbetalings weer aan die betrokke amptenare en private individue gemaak wat na  gebruik is in die  geldwassery.

Die private individue sou dan weer die geld na die betrokke regeringsamptenare oorplaas.

Die Valke het die saak ondersoek en is die verdagtes tussen 22 Junie en 7 Julie in hegtenis geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button