News

Sewe vas oor bedrog van meer as R3 met eiendomsverhuring

Só is die Vrystaatse Departement van Openbare Werke verkul

Sewe verdagtes verskyn môre, Donderdag 21 Julie, voor die BLoemfonteinse landdroshof op klagte van bedrog, korrupsie en geldwassery waarmee die Department van Openbare Werke in die Vrystaat met meer as R3 miljoen verkul is.

Die verdagtes is tussen 31 en 81 jaar oud.

Na bewering het drie beamptes van die departement, en 2 maatskappy direkteure in 2017 die departement om die bos gelei met vals fakture vir die verhuring van twee eiendomme aan die regering.

Nadat die Vrystaatse Departement van Openbare Werke die geld aan die diensverskaffers oorbetaal het, is oorbetalings weer aan die betrokke amptenare en private individue gemaak wat na  gebruik is in die  geldwassery.

Die private individue sou dan weer die geld na die betrokke regeringsamptenare oorplaas.

Die Valke het die saak ondersoek en is die verdagtes tussen 22 Junie en 7 Julie in hegtenis geneem.

Related Articles

Back to top button