NewsNews

Dié praatjie mag jou dalk net inspireer vir ’n besoek aan Marekele

Vir navrae oor Feathers skakel Hansie by (056)) 811 4754 / 082 820 4306, of Peter by 083 625 8100.

Die Junie-byeenkoms van die Feathers-voëlklub in Parys het ongelukkig as gevolg van beurtkrag in die slag gebly.
Met die eersvolgende klubbyeenkoms sal Jean Wilson kom praat oor haar verskeie besoeke aan Marekele.
Haar praatjie, “A visit to Marekele” vind plaas Donderdag, 28 Julie om 18:30 by die Sally Martin Park saal.
Almal wat belangstel in ons voëlskat, is welkom om die geleentheid by te woon. Die Marekele Nasionale Park wat deel is van San Parke, is in die Waterberge noord-oos van Thabazimbi geleë, en word dalk nie so dikwels besoek nie. Jean sal jou dalk net inspireer om juis ‘n draai by dié park te maak.
Indien beurtkrag dit sou vereis, sal die byeenkoms na ‘n ander lokaal verskuif word. Sou dit nodig wees sal lede per WhatsApp-nota ingelig word. As jy nie op die klub se WhatsApp-groep is nie, skakel asseblief vir Hansie Bekker of Peter Killian sodat jou naam op die lys gevoeg kan word. Ná die praatjie sal daar sop en brood wees om te geniet. Bring jou beker en lepel saam. Vir navrae oor Feathers skakel Hansie by (056)) 811 4754 / 082 820 4306, of Peter by 083 625 8100.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button