NewsNews

5 redes om ‘n troeteldier aan te neem

Omdat vandag Internasionale troeteldier dag is, het die Herald 5 redes om 'n troeteldier aan te neem bymekaar gesit.

Omdat vandag Internasionale troeteldier dag is, het die Herald 5 redes om ‘n troeteldier aan te neem bymekaar gesit.

1. Anneming red lewens

Wanneer jy ‘n dier aan neem red jy daai dier van ‘n lewe op straat. Deur die dier by Paws aan te neem help jy ook dat die dier gesteriliseer word sodat daar nie weer ongewenste werpsels gebore word nie.

Jessie is va ndie strate af gered.
Jessie is va ndie strate af gered.

2. Jy kry ‘n unieke en wonderlike troeteldier

Daar is ‘n algemene miskonsepsie dat daar fout met diere wat by Paws opeindig. Dit is nie die waarheid nie. In realiteit word meeste diere oorgeteken as gevolg van ‘n trek,  ‘n egskeiding, allergieë, of finansiële beperkings.

animal_web 2
Jessie en Harley het elk hulle eie unieke persoonlikhede

3. Jy spaar geld

Die aannemingsfooi van Paws sluit sterilisasie, inenting en microchipping in. Al die dienste teen ‘n fraksie van die prys wat jy sou betaal deur ‘n dier te koop, en dit deur privaat veeartse laat doen.

4. Jy help vir Paws

Wanneer jy ‘n dier aanneem maak jy spasie by Paws vir ander diere wat ook hulp nodig het. Die fooi wat jy betaal vir aanneming help ook vir Paws om na die diere te kyk wat oorbly. Paws moet kos, medisyne ensovoorts voorsien vir al die diere.

5.Jy help die gemeenskap  

Troeteldier oorbevolking is ‘n ernstige probleem. Wilde en rondloper diere kan ongelukke veroorsaak, siektes versprei, ander troeteldiere, of selfs mense beseer.

Daar is baie diere wat reg is vir anneming by Paws. Hier is maar net ‘n paar van hulle

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button