Local newsNewsNews

WeChat sluit aan by Agri SA in ’n poging om droogte-geteisterde boere te help

WeChat het kragte met Agri SA saamgespan om hulp aan die droogtehulpfonds te verleen en die las van die ergste droogte in die geskiedenis van Suid-Afrika (sedert die rekords in 1904 begin het) te verlig.

WeChat het kragte met Agri SA saamgespan om hulp aan die droogtehulpfonds te verleen en die las van die ergste droogte in die geskiedenis van Suid-Afrika (sedert die rekords in 1904 begin het) te verlig.

 

Vir die eerste R50 wat jy skenk, sal WeChat R50 terug in jou wallet (virtuele beursie) plaas. WeChat hoop dat dit mense sal aanmoedig om deel te neem en te skenk.

 

Jy kan die WeChat app van www.wechatsa.co.za aflaai of op beide die Play Store en die Apple iStore.

 

Sodra afgelaai, moet jy die “+” knoppie druk en die Skandeer QR Kode-opsie kies. Volgende, moet jy na die kode, soos bo voorgestel, mik. Dit sal jou dan na Agri SA se amptelike WeChat-rekening neem, waar jy die instruksies moet volg om jou korting te ontvang.

 

Die wallet, aangedryf deur Standard Band Suid-Afrika, is ’n veilige en effektiewe portaal wat alledaagse Suid-Afrikaners toelaat om sonder moeite geld aan die Agri SA Droogtefonds te skenk. “Elke skenking is waardevol en word gebruik vir water en voer vir boere wat dit die nodigste het,” sê Thea Liebenberg, mediaskakelbeampte van Agri SA.

Gevolge van die droogte duur voort, ten spyte van reën in die noorde

 

Terwyl noordelike dele van die land swaar reën ontvang het, sal die gevolge van die droogte steeds vir maande, moontlike jare, gevoel word.

 

Die grootste kommer is oor ’n kommoditeit wat ons as vanselfsprekend aanvaar, naamlik voedsel. Volgens Agri SA ekonoom, Thandi Nkosi, veroorsaak die tekort aan vars produkte dat die pryse styg en dit sal ten minste vir die volgende jaar steeds voortduur.

 

Plaaslike stalletjies by kosmarkte moes gevolglik hul pryse verhoog en groot supermarkte is ook besig om op die ergste droogte sedert 1904 te reageer.

 

Suid-Afrika se uitset van mielies is ook geraak en daar word verwag dat die land noodgedwonge 3.8 miljoen ton mielies hierdie jaar moet invoer, wanneer voorraad in die komende weke begin opraak. Agri SA se Johannes Möller beraam dat ons ’n verbysterende $20 miljard in noodfondse sal benodig om hierdie kostes te dek. Wanneer invoer begin, sal Suid-Afrika 2016 afsluit as ’n netto kos-invoerder vir die eerste keer in byna ’n dekade.

 

Nkosi glo dat hoë pryse vir tyd en wyl hier is om te bly. “Die reën wat ons onlangs ontvang het is goed, maar dit is nie konstant of genoeg vir elke provinsie om te kan herstel nie. Pryse behoort in Junie ’n hoogtepunt te bereik en daar te bly totdat boere finansieel herstel,” sê sy.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button