NewsNews

Neem dit vir jou – jy hoef nie te vra nie

Wat ‘n uitsonderlike gebaar!

By die hangbrug, voor Anna Patat in Breëstraat, en by die Metodiste kerk het hulle gehang aan lamppale en in bome. Kleurvolle brei- en hekelwerk met nie minder nie as 85 stelle mussies, serpe en handskoene vir wie ook al ‘n bietjie winterwarmte sou nodig hê. Om te vat – gratis, sonder dat jy hoef te vra.
Saam met die serpe, musse en handskoene die boodskap: “I’m not lost!!!” If you are cold and need me, please take me.”
Hierdie mooi inisiatief is in Junie deur ‘n handjievol Parysenaars, maar ook mense van Johannesburg, Klerksdorp en Vanderbijlpark begin wat gehelp brei en hekel het, of bydraes gegee het uit hul eie klerekas van dit wat in onbruik was. Ander het gehelp met bydraes vir wol en hekelgare.

Verlede Woensdag kon dit wat gemaak en bymekaar gemaak is, uitgedeel word.
Behalwe vir dit wat opgehang is, het hierdie samaritane ook uitgegaan en vir haweloses in die dorp en langs die rivier van die serpe en musse gegee.
Die projek was deel van die landwye 67 Blankets for Mandela inisiatief.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button