
Die gedenkdiens vir Chris Koch is Woensdag, 6 Julie vanuit die APK-kerk in Parys gehou. Chris is Woensdag, 29 Junie in die ouderdom van 68 jaar by sy huis aan hartversaking en asemhalingsprobleme oorlede.
Hy en sy vrou Vivienne het agt jaar gelede van Fairlands in Johannesburg na Parys verhuis om hier te kom aftree ná ‘n lang loopbaan in die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Hier het die egpaar sommer gou deel geword van die gemeenskap van Parys, en sluit hulle in 2018 aan by die Parys Bond van Oudpolisiebeamptes waar Chris in 2019 tot voorsitter verkies word.
Hy het tot 2019 ook in die kerk- raad van die APK gedien.

Chris was ‘n natuurmens, lief vir lees en ‘n ware realis. ‘n Omgee- mens wat almal om hom gelukkig wou sien. Hy het elke dag positief begin, al was hy die laaste paar maande nie gesond nie.
Hy sal in liefdevolle herinnering onthou word deur Vivienne en sy vriendekring. Die egpaar was 40 jaar getroud.





