NewsNews

Trauma: Jy’t nodig om daardeur te werk

So vergesog soos wat dit mag klink, beleef Parysenaars trauma met die huidige krag- en waterkrisis, en dit is steeds nie verby nie. Wanneer jou basiese lewensmiddele skielik van jou weggeneem word, jou roetine omver gewerp word, en verlies nie net aan jou sak nie, maar ook aan jou menswees vat, is daar trauma. ‘n …

So vergesog soos wat dit mag klink, beleef Parysenaars trauma met die huidige krag- en waterkrisis, en dit is steeds nie verby nie. Wanneer jou basiese lewensmiddele skielik van jou weggeneem word, jou roetine omver gewerp word, en verlies nie net aan jou sak nie, maar ook aan jou menswees vat, is daar trauma. ‘n Kosbare vrou, Hettie Britz het jare gelede vir my geleer dat trauma eintlik iets is wat ons nie sien kom nie.
Ek het ook ook jare gelede geleer dat onverwerkte trauma ons verander. Dit is nie net groot dinge nie, maar selfs die kleinste onverwerkte “verlies” of traumatiese gebeurtenisse. Ná trauma is dit byna seker dat elke mens verskillend daarop reageer. Meeste slagoffers van trauma gaan in “survival mode/brain,” want hulle moet net daaroor kom, hulle moet oorleef. Die hartseer is dat ons min kan leer in “survival mode/brain.”
Baie keer leef ons dan die trauma waardeur ons is. Ons is vasgevang in “survival mode/brain” en kan nie meer gesonde emosionele besluite maak nie. Mense moet deur trauma werk. Mens kom nooit oor trauma nie, mens werk deur trauma.
Dit kan enige van die volgende wees:
Die onverwagse dood van ‘n geliefde of selfs ‘n gunstelingdier, seksuele misbruik/verkragting, egskeiding, enige vorm van geweld – fisies of emosioneel (ook woorde), of die verlies van basiese dinge soos krag en water, chaos. Dit is nie altyd moontlik vir ‘n buitestaander om hulself in die persoon wat trauma ervaar, se skoene te plaas nie. Trauma bring baie emosies soos vrees, woede, moedeloosheid en selfs ‘n stuk hopeloosheid wat mens wil doodwurg. Hul kan en wil nie meer nie. Party slagoffers van trauma beleef chaos en reageer met woede en selfs geweld terwyl ander dit beter hanteer.
Ek het jare gelede by prof. Wentzel Coetzer, ‘n traumatoloog, geleer dat ou trauma aangevuur (“getrigger”) word deur nuwe trauma. Dit is soos die domino effek. ‘n Vulkaan wat ontplof!
‘n Ander kosbare slagoffer wat byna haar lewe na ‘n wrede aanval verloor het, kom leer vir my hierdie kosbare les: “Die sleg hou nie vir altyd aan nie.”
Wanneer daar ‘n traumatiese gebeurtenis in ‘n gemeenskap gebeur, is dit nodig dat die gemeenskap hulself “ground”/“aard”/“inprop” soos ek altyd sê.
Onthou die reaksies na TRAUMA is VEG, VLUG EN VRIES. Dit is normaal om te wil baklei, of te vlug vanaf die realiteit of doodeenvoudig net te bly in jou trauma.
Die doel is om deur die trauma te werk en by nuwe plekke van gesond word en lewe uit te kom. Ons wil beter word en nie bitter nie.
As mense “geground”/geaard of ingeprop is, kan die volgende gedoen word. Gaan sit in klein groepies en kies iemand wat die saamkuier kan fasiliteer. Belangrik om te onthou: Maak ruim tyd om te gesels. Laat elkeen wat bereid is om te gesels, hulle harte en emosies deel.
Hoor mekaar, sien mekaar en voel saam en vir mekaar. Hierdie gesels geleentheid gaan oor emosie en pyn wat ervaar is en ook vrede wat in harte skuil.
Elkeen se pyn en emosie word anders ervaar maar pyn en verlies is pyn en verlies. Niemand kan pyn meet nie.
Dit is goed om die oefening vir ‘n onbepaalde tyd byna elke dag te doen. Dit is wanneer ons op n veilige plek kan praat en ander kan hoor dat ons deur trauma werk. Ons kom dan uit “survival brain/mode” in “learning mode/brain”. Ons kom tot die besef ons is saam in die ding.

Related Articles

Back to top button