News

Pensionarisse moet onthou van dié afslag

Aansoeke sluit 31 Augustus

Pensioenarisse wat kwalifiseer vir korting op erfbelasting vir die nuwe munisipale belastingjaar wat op 1 Julie begin het, moet onthou dat aansoeke vir die afslag gedoen moet word voor 31 Augustus.
Om te kwalifiseer moet die applikant die eienaar van die eiendom wees en dit self bewoon, ouer wees as 60 jaar, óf ‘n ongeskiktheidspensioen ontvang, en nie die eienaar wees van meer as een eiendom nie.
Die inkomste van die huishouding (d.w.s. applikant en gade) moet minder as R8 660 per maand beloop.

Kortings word as volg bereken:
* Inkomste van R0,00 tot R4 500 per maand: 100%
* Inkomste van R4 501 tot R5 100 per maand: 60%
* Inkomste van R5 101 tot R7 950 per maand: 30%
* Inkomste van R7 951 tot R8 660 per maand: 15%.
Aansoekvorms vir die korting is by munisipale kantore beskikbaar en pensioenarisse wat hulp met die aansoek benodig, is welkom om rdl. Marinda Matthysen-Engelbrecht by 078 237 0097, of rdl. Jan Meyer by 083 778 8218 te kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button