Sonskyn tehuis se bejaardes groet ’n dierbare vriend en herder

Die dankdiens word môre, Dinsdag 12 Julie vanuit die Lede in Christus-gemeente in Parys gehou

Past. Samuel Calitz, stigter van die Sonskyn Tehuis vir Bejaardes, is op Maandag 4 Julie in die ouderdom van 74 jaar by die tehuis oorlede.
Daar is die afgelope naweek hulde aan hom by die tehuis gebring, en sal die dankdiens môre, Dinsdag 12 Julie vanuit die Lede in Christus-gemeente in Parys gehou word.
Past. Calitz en sy vrou, Ester, het in 1996 van Ermelo na Parys verhuis toe hy die beroep as leraar van die Lede in Christus-gemeente in Parys aanvaar het. Hy was leraar van die gemeente tot 2015 toe hy emeritus aanvaar het.
Die voorsiening van bekostigbare verblyf vir bejaardes was vir hom iets wat hom baie na aan die hart gelê het, en was hy deel van die inisiatief vir die stigting van die Sonskyn tehuis in 2 000. Dié tehuis het tans 42 inwoners.
Past Calitz en sy vrou, Ester was sedert 2015 inwoners van die tehuis. Ester is in 2019 oorlede.
Vir sy gemeente, maar ook sy gesin was hy oor jare ‘n groot steunpilaar en ’n tipiese herder. Iemand met ’n groot liefde vir musiek en wat ’n passie gehad het vir Citroëns.

Past Calitz en sy vrou, Ester. Foto: Verskaf

Hy sal in liefdevolle herinnering onthou word deur sy seuns Daniël en Gideon, dogters Naomi en Etni, 7 kleinkinders en twee broers, Johan en Marius, die tehuis en die gemeenskap van Parys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button