NewsNews

Geliefde dokter gegroet

Huldeblyke vir dié geliefde dokter het die afgelope week, ná die nuus van sy dood, op sosiale media ingestroom.

Die gedenkdiens vir dr. Frikkie Rademan is vandag, Sondag 10 Julie om 12:00, vanuit die NG gemeente Vredefort gehou. Dr. Rademan is Woensdagoggend (6 Julie), op 57-jarige ouderdom,  in sy slaap oorlede. Hy was ten tyde van sy afsterwe woonagtig te Vaal de Grace, net buite Parys.

Huldeblyke vir dié geliefde dokter het die afgelope week ná die nuus van sy dood, op sosiale media ingestroom.

Dr. Rademan word oorleef word deur  sy vrou, Anje, twee dogters, Veruschka (mediese dokter van Bloemfontein) en Kiara (student aan die Universiteit van Stellenbosch), en sy seun, Frederik (‘n leerder aan Grey Kollege), asook sy  moeder, Hettie Rademan en twee susters, Dalene Braude van Mosselbaai en dr. Therine Rademan (McIntyre) van Vereeniging.

Dr. Rademan is Woensdagoggend (6 Julie), net na 00:25 in sy slaap oorlede. Foto: Verskaf

Dr. Rademan het sy skoolloopbaan aan Grey Kollege voltooi waarna hy as mediese dokter aan die Universiteit van Stellenbosch gekwalifiseer het. Hy het vir baie jare in Vereeniging gepraktiseer.

Hy het in 2008 ook sy MMED in familie medisyne deur die Universiteit van Pretoria voltooi.

Sy familie beskryf hom as ‘n passievolle en gedrewe man.

Hy het onder meer estetiese medisyne beoefen, en het ook ‘n wildsplaas bedryf.

Die afgelope aantal jare was hy as gevolg van ‘n jagongeluk, waarin hy sy been verloor het, nie meer aktief in praktyk nie.

Dr. Rademan was ‘n kranige sportman en het onder andere Protea-kleure in kleiduifskiet verwerf.

Hy het ook ‘n wye belangstelling in verskeie aktiwiteite getoon en het alles met oorgawe aangepak.

Hy het reeds vroeg in sy lewe ‘n vlieglisensie gekry en later ook as helikoptervlieënier gekwalifiseer.

Dr. Rademan was baie gewild onder sy pasiënte en hy sal onthou word as ‘n joviale, dinamiese en avontuurlustige mens.

 

Related Articles

Back to top button