News

Hartverskeurende nood: Hoe sorg jy só vir hulle wat sorg so nodig het?

'Niks kon die sentrumbestuur hierop voorberei nie.

Sonder waarskuwing was die ligte net  af en die krane droog.

Niks kon die sentrumbestuur van Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-sentrum in Parys voorberei op die bykans ondenkbare uitdagings en hartverskeurende  nood wat hulle skiellik in die gesig sou staar op 1 Julie. Sonder waarskuwing is die kragtoevoer na Parys onderbreek weens oorlading van die kragnetwerk, en Eskom het aangedring  op betaling vir die skade aan sy toerusting voordat met herstelwerk begin sou word.

Niemand het geweet hoe lank die krisis sou duur nie. Niemand het geweet wat aangaan nie. Parys en sy mense was  letterlik en figuurlik in die donker.

Maar daar moes steeds 24 uur versorging gebied word aan hulle met gestemdhede, met fisiese en psigiatriese toestande wat in die sentrum se sorg is. Hoe doen jy dit met flitsligte vir mense wat reeds weens hul gesondheidstoestand uitdagings het.

Soos wat Gary Westwood, direkteur van die sentrum, vertel wat daardie vier dae by die Epilpsie-sentrum in Parys gebeur het, hoor jy ‘n verhaal van onmenslike nood wat dié sentrum moes verduur. En dit ‘n direkte gevolg van ‘n munisipaliteit en Eskom se jarelange geskil oor wanbetaling.

Hoewel die sentrum rugsteun kragvoorsiening het, is die stelsel ontwerp om net krag vir kort periodes te kan voorsien. Daar was nie krag om die stelsel se batterye vir die ure sonder krag, te herlaai nie.

Ja die sentrum het twee 5 000 liter watertenks maar as die krag af is werk die pompe nie om die tenks vol water te hou nie. Die tenks het leeg geraak.

Hoe maak jy kos vir 66 mense sonder krag. Daar moes gasstowe van ander instansies gekry word teen koste. Gas gekry word. Nog koste.

Hoe was jy 66 mense se wasgoed wat gesondheidsuitdagings het, sonder krag of water. Bondels wasgoed wat moet gewas word.

Hoe spoel jy toilette wat 66 mense moet gebruik vier dae lank sonder water. Hoe was jy vloere want in ‘n sorgsentrum is dit noodsaaklik. Daar is uitdagings.

Hoe kry jy hierdie inwoners gebad sonder krag of water.

Dit is nodig dat hierdie inwoners genoeg water moet drink daagliks, maar daar was geen drinkwater nie.

Ouers bel om met hul kinders te praat wat in die sentrum veersorg word, maar selfone is dood. Ouers is bekommerd. Die kantoor se telefone is dood. Die batterye van die telefoonstelsel kan nie laai nie.

Gary se foon het onophoudelik gelui. Ouers wou weet – wat gaan aan?

Maar in hierdie chaos en bittere nood was daar die onbeskryflike omgee van mense. Mense wat kort-kort wou seker maak – is jul ok. Hoe help ons? Water gebring het. Help voorsien het met kos. Mense se goedheid het geen einde geken nie.

Dit is net hierdie omgee van mense wat ons staande gehou het, en steeds aan die gang hou sê Gary, in ‘n krisis wat nog lank nie verby is vir die dorp en sy mense weens beurtkrag en knaende probleme met watervoorsiening.

 

Related Articles

Back to top button