News

‘Ek voel soos Griet op die ashoop’

As jy soos ons vanoggend opgestaan het en soos Griet op die ashoop voel, met ongewaste hare en die hoeveelste varkie aand na mekaar, is jy in goeie geselskap.

Parys se water- en kragsituasie is vir baie van ons traumaties. Hoekom? Roetine en voorspelbaarheid skep stabiliteit en ons roetines hier in Parys is al vir weke lank omver gegooi. Baie van ons voel gefrustreerd, sommer bietjie angstig en kwaad vir die wêreld, eintlik seker eerder magteloos oor goed wat buite ons beheer is.
Trauma affekteer mense op verskillende maniere, mens se lyf gaan eintlik maar in veg en vlug in. Die drie maniere hoe dit kan presenteer is meestal:
Veg – mense se nerwe is maar dun, misverstande is algemeen en ‘n klein ‘spark’ maak gou ‘n groot vuur in verhoudings.
Vlug – mens kruip weg en vermy dinge. Ons ‘skip’ hierdie week daai weeklikse afspraak, kosmaak en die roetine werkies voel oorweldigend.
Vries – mense voel bietjie depressief en die woema om aan die gang te kom/te bly is so weg soos die krag tydens ‘loadshedding’…
So wat kan ons doen om beter te ‘cope’?
* Behou perspektief – ten spyte van die ongerief het ons nog so baie om voor dankbaar te wees. Gelukkig is dit nie Rusland wat ons inval nie, dis nie oorlog nie, ons is nie teen ons wil in ‘n konsentrasiekamp nie… al is dit ongemaklik, is ek nog in die veiligheid van my eie huis en die bekendheid van my eie warm bed.
* Vat beheer oor die klein dingetjies wat jy nog kan beheer. Kom ons kry nuwe roetines wat stabiliteit skep, al is dit dat ons die skottelgoedwater gebruik om die toilet te spoel of om ‘n bietjie verder vooruit te beplan, byvoorbeeld om môre se vleis betyds uit die vrieskas te haal. Luister na jou gunstelingmusiek.
* ‘Gratitude en mindfullness’ – om jou seëninge te tel en net ‘n oomblik te fokus op die positiewe en die lekker in die lewe is uiters effektief. Sit en drink ‘n koppie koffie – proe die koffie, voel die son op jou vel, hoor die voëltjies wat daar buite fluit.
* ‘Debrief’ – vat sommer ‘n pen en papier en skryf net, skryf enige iets wat in jou gedagtes opkom, soos wat dit opkom. Laat die idees net vloei. Dit hoef nie sin te maak vir enige iemand anders as vir jou nie. Dis net ‘n manier om perspektief te kry oor waar jy is en wat jy voel. Die emosies wat skielik kan uitkom laat mens soms net beter voel.
* ‘Own mask first’ – vra vir hulp, of dit nou hulp is met kos, water, ‘n telefoon se battery wat gelaai moet word of emosionele ondersteuning (al is dit net ‘n koppie koffie saam met ‘n vriendin). VRA asseblief! En moenie sleg voel om hulp te aanvaar nie. Om vir iemand hulp te gee in hierdie tyd, is ‘n voorreg en dit laat ons beter voel. Die hulp wat jy aanvaar is dalk die gewer se terapie!
* Help iemand – “Start where you are, use what you have, do what you can.” Of dit nou ‘n vriendelike glimlag, mooi woorde, bietjie water of ‘n koppie sop is – elke bietjie help. “If you want to change the world – start with the room that you are in.”
* ‘Practice grace’ – laat daai skerp woord of skewe kyk dié keer verbygaan. “Everyone are fighting their own battles – just because you don’t see it, does not mean it does not exist.”
* ‘Zoom’ – soos met ‘n kameralens waar jy soms ‘uitzoom’ om die groter prentjies te sien. En ander kere ‘inzoom’ om te fokus op die ‘detail’ van dit waarvoor ons dankbaar kan wees. Die belangrikste is om nie hoop te verloor nie. Byt vas! En vra vir dit wat jy nodig het.
* Die skrywers van die aanhalings in die artikel is onbekend. Ons leen jul ‘quotes’, want ons waardeer jul wysheid!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button