News

Gee net vir ons water; polisie het hul hande vol

Terwyl daar steeds gewag word op die herstel van kragtoevoer na Parys staan mense in toue met emmers en kanne om water te kry met die dorp se watersuiweringswerke wat ook staan weens die vier dag lange kragonderbreking in Parys. Daar is geen rugsteun kragvoorsiening by Parys se water of rioolsuiweringswerke nie. ‘Jo-Jo tenks in …

Terwyl daar steeds gewag word op die herstel van kragtoevoer na Parys staan mense in toue met emmers en kanne om water te kry met die dorp se watersuiweringswerke wat ook staan weens die vier dag lange kragonderbreking in Parys. Daar is geen rugsteun kragvoorsiening by Parys se water of rioolsuiweringswerke nie.

‘Jo-Jo tenks in die Sesulu-woongedeelte het vanoggend onderstebo gelê sonder water. ‘n Watertenkwa wat water moes bring na die Tokoloho-woongedeelte is al in Tumahole se hoofstraat voorgekeer. Mense soek water.

Die situasie in Tumahole was die afgelope naweek gespanne oor die krag en watersituasie met klippe wat in die pad gepak is, bande wat gebrand is en skade aan die Tumahole munisipale kantore.

Daar was ook vanoggend in Parys ‘n optog met ontevrede inwoners wat antwoorde ge-eis het van die burgemeester oor die kragsituasie. Voorstelle is onder meer gemaak deur inwoners wat wil hê dat die dorp in dele opgedeel word met verteenwoordigers wat gereeld met die munisipaliteit kan vergader oor dienslewering wat die krag- en watervoorsiening insluit.

Die polisie bygestaan deur die Openbare Orde Polisiëringseenheid het egter hul hande vol om oral ‘n wakende oog te hou, want dit is nie net in Parys waar mense woedend is oor krag nie. Die R82 (Koppies-pad) is vanoggend herhaaldelik versper met brandende bande en klippe, en moes met die gemeenskap van Zamdela onderhandel word vir kalmte. Dit nadat daar ook ongelukkigheid oor kragvoorsiening was.

The copyright to this information resides with The Parys Gazette and may be shared as a link to the original or refence to the author but may not be copied without the explicit permission of the author.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button