Skade aan munisipale kantore, mense nie tevrede nie

Groot frustrasie oor krag en water

Lede van die polisie se Openbare Orde Polisiëring eenheid het die afgelope naweek ‘n wakende oog help hou in die Tumahole-woonbuurt waar bande gebrand, klippe in die pad gepak en skade aan die munisipale kantore in Tumahole aangerig is.

In die Mandela-woongedeelte was die situasie  gespanne met sowat 200 jeugdiges wat die pad versper het.

Paaie is versper.

Bande gebrand.

Die munisipale kantore in Tumahole is gevandaliseer.

‘n Man wat skade aan sy voertuig gekry het as gevolg van  klippe wat in die pad gepak is deur ontevredenes oor die kragkrisis, word hier deur omstanders gehelp.

Die hele Parys, Schonkenville en Tumahole is sedert Vrydag 1 Julie sonder krag.

Tenkwaens het onder die wakende oog van die polisie in en uit die woonbuurt beweeg om Jo-Jo tenks vol te maak, en was daar polisie-teenwoordigheid by openbare vergaderings wat in die woonbuurt gehou is om met die gemeenskap te praat oor die kragkrisis.

Hoewel die situasie kalm was by die gemeenskapsvergaderings was dit ook hier duidelik dat mense nie tevrede is met die krag- en waterkrisis nie.

En dan was daar ook die entrepreneurs wat dadelik ‘n sake-geleentheid gesien het en water verkoop het.

The copyright to this information resides with The Parys Gazette and may be shared as a link to the original or refence to the author but may not be copied without the explicit permission of the author.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button