News
Oom Stan wat half verkluim uit veld gered is, oorlede
Oom Stan is op 19 Junie sagkens deur sy Skepper in sy slaap kom haal. Maar die verhaal van hoop het nie hier geëindig nie.


Daarna het sy lewe in ‘n oogwink verander en het omgee en liefde ingestroom. Hy is deur Huis Eliznette met ope arms ontvang, ten spyte van die feit dat hulle geen idee gehad het of hy gaan oorleef nie.
Oom Stan was egter reeds baie swak en het byna niks geëet nie. Daar was ook gevrees dat albei sy voete weens ‘frostbite’ geamputeer sou moes word. word. Geen familie kon opgespoor word om hom te help nie.
Oom Stan is op 19 Junie in sy slaap in ‘n warm bed oorlede.
Alta du Plooy van AfriForum, wat van die begin betrokke was by oom Stan skryf:
OOM STAN EN AFRIFORUM SÊ:
“THANK YOU VERY MUCH”
Vandat oom Stan op n ysige wintersoggend op 9 Junie deur die Afriforum manne in n veld gekry is, het die gemeenskap opgestaan in die Vaaldriehoek en hul harte en hande wyd oopgemaak.
Daar was Bryanette en Hawie van Eliznette Huis vir Bejaardes wat hom sonder vrae ingevat en versorg het. ‘n Taak wat hulle met liefde en die Here se leiding onbaatsugtige verrig het.
Daar was Helplift en die Weermagveterane wat onmiddelik hand kom bysit het.
Daar was Vaalweekblad, ons eie omgee nuuskantoor, wat met deernis oom Stan se verhaal en behoeftes met almal gedeel het.
Daar was ‘n magdom oproepe, skenkings, donasies en gebede van ‘n gemeenskap met ‘n hart van goud. Elke boodskap wat ons met oom Stan gedeel het was altyd begroet met ‘n “Thank you very much for helping me.”
Oom Stan is op 19 Junie sagkens deur sy Skepper in sy slaap kom haal. Maar die verhaal van hoop het nie hier geëindig nie.
Lees hier die berig verder op die webwerf van ons susterkoerant Vaalweekblad:


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



