NewsNews

Welkom tuis Bella

Nege dae, baie trane, maar bowenal geloof, hoop en die liefde vir 'n 10 maande oue Bloedhond waarvoor geen steen onaangeraak gelaat is in die soektog na haar.

Nege dae, baie trane, maar bowenal geloof, hoop en die liefde vir ‘n 10 maande oue Bloedhond waarvoor geen steen onaangeraak gelaat is in die soektog na haar.

Maar dié byna ongelooflike storie van hoop begin met ‘n welverdiende vakansie waarop die Terre’Blanche gesin van Parys gehoop het. Min wetend dat hul vakansie skaars ‘n paar uur nadat hulle op Sondag 20 Maart vertrek het, sou verander in ‘n hartseer en onseker week met die nuus dat Bella spoorloos verdwyn het.

Die Sondagmiddag het bure in die omgewing Bella se eienaars gekontak toe hulle haar saam met twee onbekende seuns en hul honde gesien speel het.

Uit desperaatheid het die Terre’Blanche gesin die DBV, Parys Sekuriteit en veeartse geskakel, op Koepel Stereo uitgesaai en selfs op Facebook gevra dat mense sal help soek in die hoop dat Bella met die publiek se hulp opgespoor sou word.

Die reaksie was oorweldigend en was dit duidelik dat daar nog soveel mense is wat omgee vir diere. Aanvanklik was die Terre’Blanche’e hoopvol om haar op te spoor veral omdat sy ‘n mikroskyfie het. Drie dae later het iemand laat weet dat hulle Bella en die seuns by Umfula Motors gewaar het, op pad na die Tumahole woonbuurt. Maar die dae het ‘n week geword en met die Terre’Blanche se terugkeer, was Bella steeds skoonveld.

Hulle was moedeloos, maar het nie tou opgegooi nie. Maandag 28 Maart het Bella se eienaars verskeie mense in die omgewing van die hangbrug voorgekeer, die foto van Bella gewys en ‘n beloning aangebied vir haar haar terugkeer. Dieselfde aand het vier seuns Bella veilig aan die Terre’ Blanche’e terugbesorg. Nodeloos om te sê – almal was oorstelp van vreugde en emosie.

Na nede dae weg van die huis was Bella nog perdfris en gesond – net baie honger en dors. Die Terre’Blanche’e sê dankie aan almal wat gehelp het om inligting oor Bella te versprei. Dit het bygedra dat sy opgespoor is en weer met die gesin herenig is.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button