Veedief kry twee jaar agter tralies

Die 25-jarige Ronaldo Sithole van Orange Farm is in die landdroshof in Heilbron tot twee jaar gevangenisstraf gevonnis. Dit volg na die diefstal van 13 skape op die plaas Erfbank in die Heilbron-distrik op 23 Desember 2021. Een van die twee jaar vonnis wat opgelê is, is vir vyf jaar opgeskort en hy is ook …

Die 25-jarige Ronaldo Sithole van Orange Farm is in die landdroshof in Heilbron tot twee jaar gevangenisstraf gevonnis.
Dit volg na die diefstal van 13 skape op die plaas Erfbank in die Heilbron-distrik op 23 Desember 2021.
Een van die twee jaar vonnis wat opgelê is, is vir vyf jaar opgeskort en hy is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit. Danksy die vinnige optrede van lede van die polisie se eenheid vir Veediefstal en Bedreigde spesies in Heilbron, is Sithole in 2021, dieselfde dag van die diefstal, in hegtenis geneem.
Al 13 skape, is 10 kilometer vanaf die plaas waar dit gesteel is, teruggevind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button