Groot hartseer ná Bond-voorsitter se dood

Parys Gazette se redaksie het die hartseer nuus van Chris Koch se afsterwe, Woensdag 29 Junie, gekry, ná die plasing van ‘n berig in vandeesweek se Gazette wat hy nog as voorsitter van die Bond van Oudpolisiebeamptes in Parys bygewoon het. Ons innige medelye met sy vrou, Vivienne en die familie. Met die Bond se …

Parys Gazette se redaksie het die hartseer nuus van Chris Koch se afsterwe, Woensdag 29 Junie, gekry, ná die plasing van ‘n berig in vandeesweek se Gazette wat hy nog as voorsitter van die Bond van Oudpolisiebeamptes in Parys bygewoon het. Ons innige medelye met sy vrou, Vivienne en die familie.

Met die Bond se laaste saamkuier het Chris as voorsitter van die Bond van Oudpolisiebeamptes in Parys ‘n sertifikaat aan Blackie Swart oorhandig as lewenslange lid van die Bond. Daar was ook ‘n woord van welkom aan nuwe lede, Cor en Susan Swanepoel, en Blackie en Annatjie Swart.

Die Bond sien om na die welsyn van sy lede, en is daar gereeld byeenkomste waar lede gesellig saam verkeer. Enige oudlede wat in die polisiediens gedien het, kan aansoek doen vir lidmaatskap tot die Bond.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button