News

Diefstal van hekmotors en lugversorgers steeds ’n probleem

Dit is veral hekmotors en lugversorgers wat deur diewe geteiken word.

Die polisie in samewerking met sekuriteitsmaatskappye in die dorp het verlede week ‘n optrede in die dorp gehou.
Tydens die optrede is twee persele besoek om onder meer vir gesteelde eiendom en dwelms te soek. Daar is tydens die operasie profielsamestellings van 33 persone wat op rekord gehou sal word, gedoen.
Die persele wat besoek is, was by die kruising van Breë- en Van Collerstraat by die spruit agter die Sasol-vulstasie, asook by die halfbeboude perseel in Father Balinkstraat. Optredes soos hierdie vorm deel van misdaadvoorkoming in die dorp waartydens gefokus word op sigbaarheid en operasies ter voorkoming van misdaad.
Hoewel daar die maand ‘n effense afname was in huisbrake en inbrake by besighede sowel as veediefstal, bly diefstal steeds ‘n groot probleem in Parys. Dit is veral hekmotors en lugversorgers wat deur diewe geteiken word.
Onthou asseblief om nie vir allerhande aanlyn aankope en slenters te val nie.
Jy moet weet as jy geld in iemand se rekening oorbetaal vir allerhande blink beloftes, is daar die risiko dat jy die geld gaan verloor.
Daar is al male sonder tal gewaarsku dat wanneer iets te goed klink om waar te wees, dan is dit nie waar nie. Spyt kom altyd té laat en mense verloor steeds hul swaarverdiende geld of spaargeld.
Maak eerder gebruik van betroubare aanlyn webtuistes wanneer jy aankope doen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button