‘n Ses en twintigjarige man is gearresteer en sal voor die hof verskyn nadat hy betrap is met die dwelm, Nyaope. het polisiewoordvoerder a.o. Earle, bevestig.
Dit volg ná optrede gister, Dinsdag 28 Junie, deur lede van die Sasolburgse Openbare Orde Polisiëringseenheid en lede van Sasolburg Misdaad Intelligensie wat blitsig gereageer het op inligting oor die verdagte wat in ‘n oop stuk veld gekry is met die dwelms in sy besit.
Die polisie het danksy die inligting beslag gelê op 52 plastieksakke Nyaope met ‘n geraamde straatwaarde van R2 100.

Dwelms is ‘n groot probleem in Parys. Sou jy enige betroubare inligting hê rakende dwelmhandel of die gebruik daarvan in Parys, kan jy 082 525 2083 skakel, het a.o Etzebeth van die Openbare Orde Polisiëringseenheid in die Fezile Dabi-distrik gesê. Hy het ook die versekering gegee dat mense wat inligting sou verskaf se identiteit beskerm sal word.
Daar is tans ‘n taakspan wat in die area werk wat bystand verleen en spesifiek ook help om hierdie probleem aan te spreek, en is betroubare inligting van die publiek van onskatbare waarde.



