NewsNews

Polisie lê beslag op 52 plastieksakke Nyaope, ná vinnige optrede

Publiek se inligting van onskatbare waarde

‘n Ses en twintigjarige man is gearresteer en sal voor die hof verskyn nadat hy betrap is met die dwelm, Nyaope. het polisiewoordvoerder a.o. Earle, bevestig.

Dit volg ná  optrede gister, Dinsdag 28 Junie, deur lede van die Sasolburgse Openbare Orde Polisiëringseenheid en lede van Sasolburg Misdaad Intelligensie wat blitsig gereageer het op inligting oor die verdagte wat in ‘n oop stuk veld gekry is met die dwelms in sy besit.

Die polisie het danksy die inligting beslag gelê op 52 plastieksakke Nyaope met ‘n geraamde straatwaarde van R2 100.

Van die Nyaope waarop beslag gelê is vandeesweek.

Dwelms is ‘n groot probleem  in Parys. Sou jy enige betroubare inligting hê rakende dwelmhandel of die gebruik daarvan in Parys, kan jy 082 525 2083 skakel, het a.o Etzebeth van die Openbare Orde Polisiëringseenheid in die Fezile Dabi-distrik gesê. Hy het ook die versekering gegee dat mense wat inligting sou verskaf se identiteit beskerm sal word.

Daar is tans ‘n taakspan wat in die area werk wat bystand verleen en spesifiek ook help om hierdie probleem aan te spreek, en is betroubare inligting van die publiek van onskatbare waarde.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button