HealthLifestyleNewsNews

Vir hierdie naald hoef jy nie bang te wees nie

Droënaaldterapie. Een woord wat vir baie mense die meeste vrees inhou wat mens kan ervaar, maar ook een woord wat vir baie mense die meeste voordele kan inhou. Droënaaldterapie is ’n suksesvolle behandeling wat gebruik word deur onder andere fisioterapeute, wat baie dun naalde sonder enige medikasie gebruik om die spesifieke doel te bereik. Die terapie word gebruik om pyn en disfunksie van die liggaam te verlig wat veroorsaak word deur probleme in ’n mens se spiere, hoofpyne, sinus of dan ook probleme as gevolg van sekere senuwees. Droënaaldterapie is nie dieselfde as akupunktuur nie. Akupunktuur is deel van Tradisionele Chinese Medisyne en fokus op die vloei van energie in die liggaam, waar droënaaldterapie ’n Westerse medisinale tegniek is en ’n mediese diagnose nodig het vir die behandeling. Daar is glad nie medisyne in die naald nie. Die naalde help om die bloedsomloop in die area van pyn of besering te verbeter om sodoende die herstelproses vinniger te maak.

Droënaaldterapie. Een woord wat vir baie mense die meeste vrees inhou wat mens kan ervaar, maar ook een woord wat vir baie mense die meeste voordele kan inhou.
Droënaaldterapie is ’n suksesvolle behandeling wat gebruik word deur onder andere fisioterapeute, wat baie dun naalde sonder enige medikasie gebruik om die spesifieke doel te bereik. Die terapie word gebruik om pyn en disfunksie van die liggaam te verlig wat veroorsaak word deur probleme in ’n mens se spiere, hoofpyne, sinus of dan ook probleme as gevolg van sekere senuwees.
Droënaaldterapie is nie dieselfde as akupunktuur nie. Akupunktuur is deel van Tradisionele Chinese Medisyne en fokus op die vloei van energie in die liggaam, waar droënaaldterapie ’n Westerse medisinale tegniek is en ’n mediese diagnose nodig het vir die behandeling. Daar is glad nie medisyne in die naald nie. Die naalde help om die bloedsomloop in die area van pyn of besering te verbeter om sodoende die herstelproses vinniger te maak.
Die naalde is nie ’n wonderkuur nie. Pasiënte moet onthou dat dit net ’n gedeelte van die terapiesessie is en dat hulle steeds ander terapie ook gaan ontvang. Dit is baie belangrik om steeds jou oefeninge te doen wat die fisioterapeut vir jou gee en om nie net weg te bly van jou volgende afspraak as jy beter voel nie.
Baie mense het ’n fobie vir naalde en sal nie eers die opsie oorweeg nie. Uit persoonlike ondervinding kan ek sê dat dit beslis help. Dit is glad nie dieselfde as ’n inspuiting by die dokter nie.
Die naalde is baie dunner en is spesifiek ontwerp vir die doel om die besering of pyn te kan verbeter. Al wat jy gaan voel is ’n piepklein steek wanneer die naald die vel binnedring en dan miskien jou spier wat vinnig saamtrek of die bekende pyn wat heel moontlik versprei na ander areas van jou liggaam. Die pyn versprei soms omdat die naald die punt binnedring wat die pyn veroorsaak. Hierdie is normaal en sal sommer vinnig weer verdwyn.
Vir enige navrae oor die droënaaldterapie, kontak jou naaste fisioterapeut in die dorp of by die hospitaal.

Related Articles

Back to top button