NewsNews

Drie Parys-spanne in vanjaar se Valke-finaal

Uitstekende prestasie vir Hoërskool Parys

Hoërskool Parys het vanjaar nie minder nie as drie spanne in die Valke Middelskole-liga finaal. Die skool se o. 14, o.15 en 1ste rugbyspanne sal 23 Julie in die finale kragmeting hul staal wys. Dit ná Parys se oorwinnings verlede week op die rugbyveld met die o.14’s wat gewen het met 28-7 en die o.15’s wat gewen het met ‘n wedstrydtelling van 31-5 in hul guns. Die eerste span het gelykop gespeel. Omdat Parys se eerste span egter die eerste drie gedruk het, dring hul deur na die finaal.
Die skool het ook reeds gekwalifiseer vir die Noordvaal-liga (voorheen bekend as die Virsekerbeker).
Vir die Valke Middelskole liga-finaal sal Parys se eerste span teen Edenvale High School te staan kom. Die o.15’s speel teen Christian Brother College van Boksburg, en die o.14-span teen HTS Carel de Wet.
Finale wedstrydreëlings sal later bekend gemaak word.

Hoërskool Parys se eerste rugbyspan saam met hul gelukbringer.

Die o.14-span van Parys sal teen HTS Carel de Wet in die finaal van die Valke Middelskole-liga speel

Parys se o.15-rugbyspan wat in die finaal van die Valke Middelskole-liga teen Christian Brother College van Boksburg sal speel. Foto’s: Verskaf

Die laaste Valke-finaal was in 2019 toe Parys se eerste span ook die finaal gehaal het en teen Springs Boys High gespeel het. Parys moes egter toe die knie buig, maar alle oë is op dié span vir vanjaar se finale kragmeting.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button