NewsNews

Vanaand slaap Marno in sy eie bedjie

Geen rehab meer nodig nie

Die 5-jarige Marno Muller is laat vanmiddag, Woensdag 22 Junie, uit die Netcare Garden City-hospitaal in Johannesburg ontslaan. Bykans ‘n maand ná sy fratsongeluk op ‘n glyplank by sy skool in Brakpan, slaap dié rooikopseuntjie wat diep in mense se harte gekruip het, weer in sy eie bedjie.
Dokters is só tevrede met sy vordering dat hy ook nie meer nodig het om na ‘n rehabilitasiesentrum te gaan nie. Hy sal wel as buite-pasiënt gaan vir spraak- en fisioterapie.

Daar is ‘n glimlag op die klein gesiggie wie se lewe getuig van ‘n groot wonderwerk en die krag van gebed. Hy loop en eet weer – maar meer nog, hy is by die huis by sy gesin.

Dankie vir elkeen wat saam gebid het vir klein Marno, en vir elkeen wat die gesin ondersteun het, in besonder die nie-winsgewende organisasie Hemelse Perels.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button