News

Keean stabiel genoeg om huis toe te gaan

Volgens Francois is die pad na herstel nog lank, en dat Keean se mediese kostes veral nou ‘n groot dilemma word.

Na ‘n maand in die hospitaal as gevolg van Covid-19 en ‘n beroerte kan die 11 maande oue Keean Claase, uiteindelik vandag (Dinsdag, 21 Junie) huis toe gaan.

Keean Claase is vandag uit Mediclinic Potchefstroom ontslaan en is nou terug by die huis.

Hy is nou stabiel genoeg om huis toe te gaan maar hy gaan steeds op suurstof en medikasie bly, voordat hy oor drie tot vier maande vir ‘n ope-hartoperasie sal gaan.

Keean se ouers, Francois en Michelle, saam met hulle babaseuntjie wat tot en met sy komende hartoperasie op suurstof en medikasie moet bly.

Keean is einde Mei in die Netcare Sunninghill Hospitaal opgeneem toe hy Covid-19 en die Bocavirus opgedoen het. Hy het toe ook ‘n beroerte weens sy hartkondisie, Tetralogy of Fallot, opgedoen, wat sy tyd in die hospitaal verleng het. Tetreglogy of Fallot is ‘n hartkondisie waarmee Keean gebore is, wat veroorsaak dat daar daar minder suurstof in sy bloed is wat na die res van sy liggaam vloei.

Hy is verlede week na Mediclinic Potchefstroom verplaas onder die sorg van die pediater, Dr. Hannelie Potgieter.  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button