News

Marakele se voëlskat – kom luister

As jy meer wil weet van die Feathers-voëlklub, skakel Hansie Bekker by (056) 811 4754 / 082 820 4306), of Peter Killian by 083 625 8100.


Geen voëlkyk-uitstappies sal gedurende Junie en Julie deur Feathers-voëlklub gehou word nie, maar lede kan uitsien na die volgende uitstappie wat Saterdag, 27 Augustus gehou word wanneer dit weer warmer is.
Die koue beteken egter nie dat mense die voëls in hul omgewing nou moet ignoreer nie. Soos die kos in die veld minder raak, sal jou voertafel vir die voëls meer besoek word, en kan jy die voëls in jou tuin geniet.
Byeenkomste van Feathers-voëlklub gaan steeds voort en alle belangstellendes word genooi om die volgende geleentheid Donderdag, 30 Junie om 18:30 by die Sally Martin Park-saal by te woon.
Die Marakele Nasionale Park, wat deel is van Sanparke, is in die Waterberge noordoos van Thabazimbi geleë. Jean Wilson het die park besoek en sy kom vertel wat sy daar gesien en ervaar het met haar praatjie, A visit to Marakele.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button