News
Belofte teen boeliegedrag vir Jeugdag
Boeliegedrag is nie net in die samelewing nie, maar ook in skole vandag ‘n hartseer realiteit.

Met die oog op verlede week se Jeugdagvieringe op 16 Junie, het leerders van Hoërskool Parys ‘n belofte onderteken teen boeliegedrag.
Met die belofte is beloof om mekaar met respek te behandel, diegene in te sluit wat uitgesluit word, om nie toe te kyk of deel te neem aan enige vorm van boeliegedrag nie, om ‘n volwassene in te lig sou jy ooggetuie wees van boeliegedrag, en hulle te help wat slagoffers van boelies is.



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



