NewsNews

Rooikop vegtertjie se herstel gryp harte aan

Marno uit intensiewe sorgeenheid

Bykans ‘n maand ná ‘n frats glyplankongeluk by sy kleuterskool in Brakpan, is die 5-jarige Marno Muller, vandag, Maandag 20 Junie, van die Netcare Garden City hospitaal se waakeenheid na die hospitaal se kindersaal oorgeplaas.

Volgens ‘n inskrywing op die nie-winsgewende groep Hemelse Perels se Facebook-groep, is die neuroloog, fisioterapeut en pediater tevrede met Marno se vordering sover.

Klein Marno weier steeds om te sluk en sal ‘n dieetkundige hom môre sien.

Daar is ook aanbeveel dat Marno vir ten minste 2 weke na ‘n rehabilitasiesentrum sal gaan om hom te help met die herstelproses.

Marno was na die fratsongeluk waartydens die toutjies van sy baadjie se kappie vasgehaak het toe hy op die glyplank wou gly, vir 18 dae in ‘n medies geïnduseerde koma, en aan ‘n ventilator en hartmasjien gekoppel. In hierdie tyd het dokters om sy lewe geveg.

Daar is ongelooflike dankbaarheid oor Marno se vordering.

Dankie vir elke gebed, elkeen wat steeds bid vir Marno, en elkeen wat hierdie gesin ondersteun.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button