News

Sekuriteitswag kry ses jaar vir veediefstal

Mnr. Tsholo het vir die staat verskyn en a.o. Moses Nhlapo was die ondersoekbeampte in die saak. 

‘n Voormalige werknemer van Basopa Sekuriteit is Vrydag 17 Junie ses jaar gevangenisstraf in die Sasolburgbugse landdroshof opgelê vir die diefstal van 17 beeste van ‘n boer van Deneysville.

Die 28-jarige Constantia Mogane Mosehla is deur landdros Chetty skuldig bevind en gevonnis vir die veediefstal op 13 Augustus 2020 op die plaas Olivierspruit in Deneysville.

Die boer het in die vroeë oggendure ontdek dat 17 van sy gemerkte vee gesteel is, en die saak aangemeld by die Heilbronse Veediefstal en Bedreigde Spesies-eenheid.

Al die gesteelde vee is op ‘n ander plaas gekry waar hulle weer gebrandmerk en gereed was om verkoop te word. Die vee is deur die regmatige eienaar uitgeken as sy vee, en aan hom terugbesorg.

Die sekuriteitswag is dieselfde dag nog gearresteer en borgtog van R3 000 is op 17 Augustus 2020 aan hom toegestaan, sê kapt. Malebo Khosana.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button