News

Marno: “Ons is so dankbaar”

Daar word nog gewag op die datum vir Marno se MRI, en sal terapeute Maandag met sy ouers gesels om die pad vorentoe te bespreek. 

Die verskil van ‘n paar dae terug tot gister, kan nie anders as om jou hart te raak wanneer jy na die video van die 5-jarige Marno Muller kyk, wat saam met ‘n inskrywing vanoggend op die nie-winsgewende groep, Hemelse Perels, gedeel is

Die klein rooikopseuntjie  wie se lewe aangrypend verander is op 26 Mei na ‘n frats glyplank-ongeluk by sy kleuterskool in Brakpan toe die toutjies van sy baadjie se kappie vasgehaak het toe hy op die glyplank wou gly.

Saam met vanoggend se inskrywing wat lees, “Ons is regtig so dankbaar vir die vordering in sy toestand,” sien jy hoe Marno se mamma gistermiddag (16 Junie) vir hom kleure wys en hom help met die identifisering daarvan.

Marno was na die fratsongeluk vir 18 dae in ‘n medies geïnduseerde koma, en aan ‘n ventilator en hartmasjien gekoppel in die Netcare Garden City-hospitaal in Johannesburg. In hierdie tyd het dokters om sy lewe geveg.

Maar op 12 Junie was klein Marno uiteindelik wakker,  en hoewel hy nog nie sit nie, en daar nog nie sprake is van self loop nie, is daar soveel dankbaarheid vir die groot genade wat hierdie gesin alreeds die afgelope weke ervaar het langs Marno se hospitaalbed.

Dankie vir elke gebed, elkeen wat steeds bid vir Marno, en elkeen wat hierdie gesin ondersteun.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button