NewsNews

Raadslede het kwelvrae oor Vredefort se water

Net soos in Parys, frustreer gereelde droë krane vir lank reeds Vredefort en die Mokwallo-woonbuurt se inwoners.

“Ons krane raak gedurig droog, meestal sonder enige waarskuwing,” sê ‘n inwoner, me. Manda Lynch. Sy sê die verduidelikings wat van amptenare gekry word is boonop vreemd en dikwels teenstrydig.
DA-raadslede Saal de Jager en Sabatha Segoba, het onlangs tydens twee oorsigbesoeke aan Vredefort se wateraanleg verskeie probleme raakgesien. “n Kontrakteur wat die aanleg moet opknap was blykbaar drie maande laas op die perseel,” sê rdl. De Jager. Hulle het ook kwelvrae oor skynbare beplanningsfoute. Van die vrae sluit in waarom water nie per pypleiding aan sekere nuwe erwe voorsien word nie, en nou ten duurste per tenkwa voorsien sal moet word.
Rdl. Segoba het namens hulle vrae opgestel, onder meer oor gebrekkige prosesbeheer, swak herstelwerk, en onvoldoende toesig, sowel as ‘n gebrek aan toerusting. Volgens hom word selfs sekere chemiese reinigers ongeberg aan weer en wind blootgestel. Die vrae is by Ngwathe se tegniese direkteur ingedien en is hulle ook besig om die vrae met tegniese kenners en ANC-raadslede van Vredefort te bespreek. De Jager en Segoba sou die aanleg weer Dinsdag besoek het.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button